OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels met Tarien Cooks, AfriForum se rampbestuurspesialis.
De Wet Engelbrechdt, Hoof uitvoerende beampte en uitvoerende direkteur van FireOps gesels met Pulane Nel Sekepe oor hoe hulle gemeenskappe veiliger maak deur privaat brandweerdienste te lewer.
Verliese van minstens R36,5 miljard is aangeteken in die meer as 136 600 brande wat vanaf 2020 tot 2022 in Suid-Afrika aangemeld is. Voeg daarby โn algehele verval van munisipale dienslewering โ waaronder nooddienste โ en die dringendheid vir die vestiging van โn alternatief word duidelik. AfriForum het vandag as teenvoeter vir die verval in die lewering van brandweerdienste sy eerste privaat brandweerdiens in Bloemfontein bekendgestel. Die burgerregteorganisasie beoog boonop om binnekort diรฉ diens ook na ander sentrums in die land uit te brei.
Volgens Tarien Cooks, AfriForum se rampbestuurspesialis, is die agteruitgang van munisipale brandweerdiens landwyd reeds etlike jare lank sigbaar. โDie verwoesting wat verlede jaar op Phalaborwa plaasgevind het toe โn brand op diรฉ dorp uitgebreek het en uiteindelik 13 huise in puin gelรช het, is โn goeie voorbeeld van die gevaar wat munisipale verval kan inhou. In daardie geval was die toerusting van die plaaslike brandweer foutief en derhalwe kon daar nie veel gedoen word om die verspreiding van die brand te verhoed nie. Soortgelyke voorvalle moet ten alle koste voorkom word, en daarom was die vestiging van โn privaat brandweerdiens nou vir AfriForum noodsaaklik,โ verduidelik sy.
โn Witskrif oor die brandweerdiens wat in Augustus 2020 gepubliseer is, toon dat die regering bewus is van die ernstige uitdagings in diรฉ sektor. Probleme wat hierin geรฏdentifiseer is, sluit onder meer in: onvoldoende aanspreeklikheid by sekere munisipaliteite, tekort aan doeltreffende bestuur en swak instandhouding van toerusting. Ten spyte daarvan dat die probleme in die sektor reeds duidelik is, blyk die regering egter traag te wees om dit reg te ruk. In Julie 2023 is onthul dat die Oos-Kaap 233 brandweerwaens benodig om genoegsame nooddienste in diรฉ provinsie te lewer, maar dat die provinsie oor net 110 waens beskik, waarvan slegs 62 operasioneel was. In November 2023 is ook bevind dat 80% van alle brandweerwaens in die Ekurhuleni-metro stukkend of nie-operasioneel is.
โAfriForum se brandweerdiens, wat in samewerking met FireOps SA bedryf word, is nie net โn betroubare alternatief tot bestaande brandweerdienste nie. Die gebruik van moderne tegnologie en hoรซdruksproei verseker dat brande vinniger geblus kan word en aansienlik minder waterskade aanrig as konvensionele brandbestrydingstegnieke. Aangesien Suid-Afrika โn waterskaarsland is, is die laer watergebruik van hierdie tegnologie โn bykomende voordeel,โ sรช Cooks.
AfriForum se privaat brandweerdiens is gestasioneer in AfriForum se Gemeenskapsveiligheidsentrum (GVS) in Bloemfontein en word gebied as โn ledevoordeel aan alle AfriForum-lede woonagtig in Bloemfontein en die landelike gebiede aangrensend tot die stad. FireOps SA is deur AfriForum gekontrakteer vir hierdie diens. Opgeleide brandweerpersoneel is 24 uur per dag, sewe dae per week, beskikbaar.
Kortom bied hierdie diens die volgende voordele aan AfriForum se Bloemfontein-lede:
- Geen aansluitingsfooi: AfriForum-lede word, anders as privaat FireOps SA-kliรซnte wat โn aansluitingsfooi moet betaal, gratis aangesluit by AfriForum se privaat brandweerdiens in Bloemfontein.
- Diens betaalbaar deur versekering: Indien AfriForum se brandweer uitgeroep word om โn brand te blus, sal die lid โn rekening ontvang wat aan sy/haar versekering deurgegee kan word vir betaling.
- Laer tarief vir AfriForum-lede: Die diens word teen โn laer tarief aan AfriForum gebied as aan privaat FireOps SA-kliรซnte.
- Gemoedsrus: Die gebruik van AfriForum se brandweerdiens bied aan lede die gemoedsrus dat opgeleide brandweerpersoneel in โn noodsituasie beskikbaar sal wees om vinnig op te tree.
- Versekeringskorting: Talle versekeraars bied korting op die versekeringspremie van kliรซnte wat aan โn privaat brandweerdiens behoort.
AfriForum-lede kan van die diens gebruik maak deur die Bloemfontein GVS se beheerkamer te kontak by 081 359 9949. Besoek gerus www.afriforumbrandweer.co.za vir meer inligting.
Nie-lede word aangemoedig om aan te sluit by enige van AfriForum se Bloemfontein-takke. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.